Kruinsig Kletskousies  Algemene Sake Beheerliggaam Belangrike Inligting Buitemuurs Finansies Instappies Klassies Reëls Skoolprogram Skryfbehoeftes Snoepwinkel Voldag Kleuters

Kopiereg©Toca@mtjs/

Kletskousies banner KLASSIES

Carien Oosthuizen

My naam is Juf Carien.  Ek het in 1993 my  B.Prim.Ed Onderwysgraad by Tukkies verwerf..  Ek het in Delmas begin werk by Heidi Kleuterskool (toe daar nog TOD kleuterskole bestaan het).

In 1997 het ek na Kempton Park verrhuis.  Ek het by verskeie kleuterskole gewerk, Feëtjieland, Woepel Doepel en laastens Kabouterpaleis.  

Ek het in 2006 na Kruinsig oorgeskuif en ons het die Gr. R Sentrum begin.  Ek is ook die graadhoof vir die afgelope 8 jaar by Kletskousies.

Dit is wonderlik om met die Gr. R’e te werk, om te sien hoe hulle ontwikkel en die basis reg is wanneer hulle graad 1 toe gaan.

Monya de Wet

My naam is Juffrou Monya.  Ek het in 1998 my onderwysdiploma op Potchefstroom verwerf.  

Ek is die afgelope 14 jaar in die onderwys.  Vir 6 jaar het ek in London skoolgehou en verskeie ondervinding opgebou.  Ek het toe my voete by laerskool Kruinsig se Kletskousies gevind waar ek nou al vir die afgelope 5 jaar skoolhou.


Om kinders te onderrig en hulle ontwikkeling te beleef is ‘n groot voorreg.

Estie Bulkin

My naam is juffrou Estie.  Ek het B.Prim.Ed Onderwysgraad aan die Universiteit van Pretoria studeer.  (4jaar) en daarna B.Ed.Psig vir ‘n jaar.  Ek het my honneursgraad in 1990 verwerf.  Ek het my loopbaan by Woepel Doeple kleuterskool begin.  


Ek is tans deel van die Kletskousies personeel by Laerskool Kruinsig.

Valmaine

My naam is juffrou Valmaine.  Ek het in 1999 my B.Primed Onderwysgraad by Tukkies verwerf.  Ek is tan besig met my honneurs graad in Opvoedkundige sielkunde by Unisa.


Om met kinders te werk is vir my ‘n passie, nie net ‘n beroep nie

Adri van Aardt

My naam is Adri van Aardt.  Ek het my onderwysdiploma in 1998 by NKP verwerf.


Ek het 8 jaar laerskool onderwys gegee; Ek was daarna ‘n tuisbly mamma om na my eie kleingoed om te sien.


Dit is vir my ‘n voorreg om saam met  u kleinding hier by Kletskousies te begin.