KruinieKliek
Wat het ek nodig as ek deel van die KruineKliek wil wees?
‘n Kamera of ‘n selfoonkamera
Flipfile met 30 sakkies
Hoe werk dit?
Die Kruinie Kliek is ons skool se paparazzi. Ons doel is om so veel as moontlik foto’s te neemsodat ons dit kan plaas in die skool se jaarblad, die Facebookblad en die webblad.
Ons beplan om in te skryf vir die Kempton Parkse Kunswedstryd.
Daar sal gedurende 2017, 7 kompetisies wees. Elke keer wat jy inskryf vir ‘n kompetisie verdien jy punte. Die fotograaf met die meeste punte aan die einde van die jaar, wen die prys as beste fotograaf van die jaar.
Inskrywings moet elektronies ingehandig word. (Per e-pos of geheuestokkie)
Foto’s word volgens ‘n rubriek wat uit 20 punte tel beoordeel. Punte van die 5 beoordelaars word bymekaar getel. Die wen foto, is die foto met die hoogste punt uit 100.
Die wenfoto van elke maand kwalifiseer outomaties as finalis vir die beste foto van die jaar kompetisie. Die beste foto van die jaar word slegs uit die finaliste gekies.
Die beslissings van die beoordelaars vir al die kompetisies is finaal.
Beoordelaars:
Adri Heydenrych
Mariolaine Ullerstam
Kay Roux
Gerda Toms (fotograaf)
Beoordelaar op uitnodiging
Celeste Wood: beoordeling van personeel en ander beoorelaars se kinders.