Volg ons op Instagram

Volg ons op Facebook

011 972 4147

kantoor@kruinies.co.za

Koor

Kruinie Kore

Kruinie Kore verteenwoordig in 2018 Kruinsig, Kempton Park, Gauteng en SUID-AFRIKA by die World Choir Games!

Die Kruinies het 2 kore genaamd die Kruinie Kinderkoor (Gr. 4 – 7) en die Warriekoor (Gr. 1 – 3). Hierdie kore word afgerig deur Me. Antoinette Nightingale. Die Kruinie Kinderkoor is gestig in 1981. Deur die jare is die koor al begelei deur Me. Sarie Cloete, Me. Didi Roux en die afgelope 7 jaar word die koor deur Me. Betsie Schaap begelei.

Die World Choir Games 2018 was ‘n reuse hoogtepunt vir die Kruinie Kore. Albei kore het deelgeneem en in hulle onderskeie kategorieë Goud behaal en 3de in die wêreld geëindig. Dié jaar was behoorlik vol ongelooflike prestasies toe die Kinderkoor en Warriekoor as wenners van die Sing in Harmonie kompetisie aangekondig is.

In 2019 presteer albei kore weereens fantasties. Die Kruinie Kinderkoor dring deur na die ATKV APPLOUS FINAAL in Bloemfontein en die Warriekoor word deur die ATKV aangekondig as die beste Junior Koor in Suid-Afrika en Namibië.

Die oudisies vir die koor word jaarliks gehou en geskied in klasverband.

Seuns Kinderkoor

Seuns Kinderkoor

Seuns Kinderkoor

Seuns Kinderkoor