Volg ons op Instagram

Volg ons op Facebook

011 972 4147

kantoor@kruinies.co.za

Skooldrag

Algemene reëls wat vir seuns en dogters geld

  1. Truie moet netjies pas en moue van truie mag nie opgeskuif of opgerol word nie. Geen truie mag uitgerek of te groot gekoop word nie.
  2. Geen “dri-macs” of sweetpakbaadjies is toelaatbaar nie.
  3. Slegs erkende skoolskoene met plat hakke is toelaatbaar. Geen gespe op skoene nie. Seuns mag nie skoene sonder veters dra nie.
  4. Skoolklere moet skoon en gestryk wees.
  5. ‘n Kruinie gholfhempie is verpligtend vir KDA.
  6. Leerders kom met skooldrag skool toe en nie met sportdrag nie.

Algemene reëls wat vir dogters geld

  1. Geen juwele of versierings mag gedra word nie, behalwe ‘n seëlring, polshorlosie en mediese plaatjies.
  2. Indien dogters gaatjies in die ore het, mag hulle slegs ‘n klein balletjie of ‘n klein ringetjie in die ore dra. Daar mag slegs een oorbel in elke oor wees.
  3. Geen borsspelde of wapens, behalwe deur die skool uitgereik, mag gedra word nie.
  4. Hare mag nie in die oë hang nie, dit moet uit die gesig weggesteek wees.
  5. Geen lang haarslierte mag in die gesig hang nie.
  6. Hare moet vasgebind word sodra dit oor die kraag begin hang. Kuiwe wat ingegroei word moet uit die gesig weggesteek word.
  7. Slegs heldergeel, donkerblou of bruin haarknippies, balletjies en linte mag gedra word.
  8. Geen hare mag gekleur word of strepies in hê nie.
  9. Geen haarstukke of permanente gekartelde hare is toelaatbaar nie.
  10. Rekkies moet teen die kop gebind word.
  11. Poniesterte moet netjies wees. Geen haarstukke mag halfpad uit die rekkie getrek word nie.
  12. Geen jel, waks, haarsprei, opknapper wat nie uitgewas is nie, suikerwater of enigiets wat die hare vuil laat lyk mag in die hare gelaat word nie. Hare moet natuurlik en skoon lyk, en nie nat lyk of stokstyf staan nie.
  13. Geen kreatiewe haarstyl word toegelaat nie.
  14. Vinger- en toonnaels mag nie geverf word nie. Geen toonringe of vals naels nie. Vingernaels mag nie by die vingerpunte verbysteek nie.
  15. Geen onderlaag of enige grimering nie.
  16. Rokke mag nie korter as 10cm vanaf die knie wees nie.
  17. Donkerblou broekies moet onder die rokke gedra word. Geen kort broeke, fietsrybroeke of pajamabroeke mag onder die rokke gedra word nie.
  18. ‘n Beld moet saam met die rok gedra word.
  19. Slegs skoolkouse mag gedra word. Geen lang sykouse is toelaatbaar nie. Trek ‘n langbroek aan wanneer dit te koud is.

Algemene reëls wat vir seuns geld

  1. Hare moet netjies gesny en altyd goed versorg wees.
  2. Geen trappies mag in die hare gesny word nie.
  3. Geen lang kuiwe wat in die oë hang nie.
  4. Hare mag nie aan die kraag of ore raak nie.
  5. Hare mag nie strepies in hê of gekleur wees nie.
  6. Geen jel, waks, haarsprei, opknapper wat nie uitgewas is nie, suikerwater of enigiets wat die hare vuil laat lyk mag in die hare gelaat word nie. Hare moet natuurlik en skoon lyk, en nie nat lyk of stokstyf staan nie.
  7. Slegs skoolkouse mag gedra word, ook onder die langbroek. Geen wit sportsokkies nie.
  8. Slegs erkende skoolskoene mag gedra word. Geen gespe op die skoene nie. Skoene moet veters hê.

Hoe bly ek uit die moeilikheid?

  1. Raadpleeg die reëls voordat jy iets nuuts probeer.
  2. Daar sal elke week inspeksie gehou word deur registerpersoneel.
  3. ‘n Strafklasbrief sal uitgereik word vir oortreding van die reëls.
  4. Jy sal ‘n week grasie gegun word om die oortreding te herstel.

Seuns Somersdrag

Dogters Somerdrag

Seuns Wintersdag

Dogters Wintersdrag