Volg ons op Instagram

Volg ons op Facebook

011 972 4147

kantoor@kruinies.co.za

Naskool

Xcellence Kids Huiswerksentrum

Xcellence is ‘n sentrum toegewyd om hoë standaard akademie en aktiwiteite aan kinders van alle ouderdomme en geestesgawes te bied en te bevorder in ‘n veilige, beskermde en genotvolle omgewing.

Ons doelwit is om seker te maak dat elke kind wat deelneem in een of meer van ons programme nie net leer nie maar ook pret het!

Nasorg kan baie dinge by ‘n kind tuisbring, onder andere:

  • Selfvertroue
  • Selfbeeld
  • Vriendskappe
  • Gesondheid
  • Onvoorwaardelike liefde

Ons streef daarna om elke kind se volle potensiaal te ontwikkel, hetsy dit akademie, kultuur, sport, sosiaal of emosioneel is. Met spesialis afrigting en onderrig, word die “x-faktor” in elke kind ontwikkel.

Ons glo dat elke kind wat deur die Xcellence hande gaan toegerus word om met die nodige vaardighede en kennis hulself te kan handhaaf in enige situasie.

‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees!

Besigheidsure en -termyne

  • Maandag tot Vrydag – 12h30 tot 17h30.
  • Skoolvakansies – 07h00 tot 17h30 (kosblikke soos vir skool moet voorsien word deur ouers, asook ontbyt moet by die huis geëet word).
  • Personeel sal, indien moontlik en die ratio steeds aanvaarbaar is, skofte werk gedurende skoolvakansies.
  • Xcellence sluit gedurende die Desember skoolvakansie. Xcellence sluit op die laaste Vrydag voor die 16de Desember en open weer die Maandag voor die skole begin in Januarie.
  • Xcellence sal gesluit wees op publieke vakansiedae, Saterdae en Sondae.
  • Indien ‘n vakansiedag op ‘n Dinsdag of Donderdag val, sal die eienaars hulle diskressie gebruik om te besluit of die Maandag of Vrydag ‘n naskooldag sal wees.
  • Tydens vakansies word ‘n vakansieprogram gevolg wat vooraf bekend gemaak word aan ouers.

Fooie

1ste Kind (Bus) 2de Kind Registrasie (Eenmalig) Buitemuurse Aktiwiteite
R1420 R1320 R320 R15/km
Dagfooi: R120

Kontak Alet by 072 443 2790 of stuur ‘n epos aan alet@xcellencekids.co.za vir inskrywingsvorms en enige verdere inligting.