Volg ons op Instagram

Volg ons op Facebook

011 972 4147

kantoor@kruinies.co.za

Noag se Lapa (Verhuring)

Noag se Lapa op Laerskool Kruinsig se gronde word uitverhuur vir funksies.

KOSTE:

Die koste verbonde aan die huur van die lapa beloop R1 500-00 per dag of gedeelte van ʼn dag wat u die lapa huur.

ʼn Verpligte deposito van R750 (wat nie terugbetaalbaar is nie) moet inbetaal word en bewys van betaling moet deurgestuur word alvorens die lapa bespreek kan word.

Vir verdere navrae kan u die kantoor skakel by (011) 972-4147 / (011) 972-4148.

HUUROOREENKOMS:

Daar is ook ʼn huurooreenkomsvorm wat ingevul en teruggestuur moet word alvorens enige bespreking gedoen kan word. Die vorm is beskikbaar by die kantoor. Enige navraag kan by die kantoor gedoen word. Skakel (011) 972-4147 / (011) 972-4148.

ALGEMEEN:

  • Neem asseblief kennis dat die lapa nie rolstoel-vriendelik is nie.
  • Die lapa beskik nie oor ʼn kombuis nie maar daar is wel kragpunte.
  • Ingesluit by die bedrag is die gebruik van die skool se staaltafels en stoele asook braaiers.
  • U moet u eie braaihout voorsien, alle tafelgerei, tafeldoeke en benodighede vir die mans- en
    damestoilette.

PARKERING EN SEKURITEIT:

  • GEEN motors word op die A-rugbyveld toegelaat nie.
  • GEEN sekuriteit word voorsien nie. Dit is u eie verantwoordelik om te reël vir veilige parkering vir u gaste op die terrein.
  • Neem asseblief kennis dat daar sekuriteitstrale geïnstalleer is by al die klaskamers. Indien u gaste die geboue betree en die alarms afgesit word sal u die koste moet dra vir die uitkom van die Sekuriteitsfirma. Wanneer u die lapa huur, word slegs die lapa aan u verhuur en nie die res van die skool se geboue nie.

BREEKSKADE:

Met die invul van die huurooreenkoms neem u verantwoordelikheid vir die lapa terwyl u dit gebruik. Enige breekskade sal dus van u verhaal word.