Laerskool Kruinsig

GLO EN OORWIN

Welkom by die Huis van Kruinies

By Laerskool Kruinsig bou ons sedert 1980 aan ’n toekoms van uitnemendheid, waardes en geloof. Met ‘n trotse geskiedenis en ‘n passievolle span onderwysers, bied ons elke kind ’n veilige, inklusiewe omgewing om te groei en te floreer. Sluit aan by ‘n skoolgemeenskap waar gehalte-onderwys, Christelike waardes en liefde vir leer sentraal staan.

LAERSKOOL KRUINSIG

Visie

Ons het ‘n visie waar ons deur ons belanghebbendes gesien word as: “DIE LAERSKOOL SONDER gelyke” 

Missie

Die toerusting van toekomsgerigte en toekomsbestande jongmense wat as volronde, unieke individue ’n leidende rol in ’n diverse samelewing speel tot voordeel en opbou van almal.

K.R.U.I.N.S.I.G. Kernwaardes

Laerskool Kruinsig se kernwaardes, soos deur die letters van sy naam vergestalt, is ononderhandelbaar:

Kwaliteit

Gehalte word altyd voorop gestel, veral wat akademie betref, maar ook oral waar die skool sigbaar is.

Regverdigheid

Ons glo in billikheid en onberispelike optrede wat as voorbeeld vir ander mense kan dien.

Uitnemendheid

Ons bevorder ’n kultuur van uitnemendheid – om bo die gemiddelde of gewone uit te styg.

Inklusiwiteit

Die skool is ’n tuiste wat ’n gevoel van geborgenheid, veiligheid, koestering by almal moet skep.

Naasteliefde

Die gemeenskap is nie net ’n voedingsbron nie; ons het ’n verantwoordelikheid om ander te dien.

Spanwerk

Ondanks uiteenlopende individue, staan ons saam, word spanwerk en steun bo die “eie ek” gestel.

Innovasie

Ons omarm tegnologiese vooruitgang en bemagtig jongmense om dit verantwoordelik te gebruik.

Geloof

Ons dien God onbeskaamd, en lei ouers, opvoeders en leerders om ’n roepingsgedrewe lewe na te volg.

Kruinsig Prestasies

Kruinsig Prestasies

Studente Ingeskryf
0
Top Klas Personeel
0
Jaar Diens
0 +

Wat mense dink en ervaar

Spoedige Aanwysing

Kontak Ons

© 2025 Kruinsig