Tydens Kwartaal 1 vind daar weekliks proewe plaas waar elke Kruinie die geleentheid kry om sy / haar spelvernuf op die proef te stel en teen die skaakleer uit te klim. Spanne word opgrond van sterkte gekies.
Vir die Kempton Skaak Liga, neem die Kruinies deel in die volgende spanne: `n 0/13 A en B, 0/11 A en B en 0/9 A en B gemengde spanne. Die Super 12 spanne bestaan uit`n Eerste span (Gr 5 – 7) en`n Junior span (Gr 1 – 4).
Die Kruinies was al male sonder tal ligawenners in die onderskeie ouderdomsgroepe en spog ook met`n silwer medalje tydens die Super 12 Kompetisie. Michelle Fisher, Oud-Kruinie, het haar Groen en Goud in Skaak verwerf en verteenwoordig Suid Afrika op die hoogste vlak.
Tydens oefeninge word daar gefokus om elke Kruinie se skaakvaardighede te ontwikkel. Skaak verbeter soveel van`n kind se vaardighede wat hy / sy op alle vlakke kan inspan en help ook met die ontwikkeling van strategiese denke, kritiese denke, probleemoplossingsvaardighede en besluitnemingsvermoëns.
• Dinsdae: 14:15 – 16:15 Eerste span, Junior span, 0/13 A&B, 0/11 A&B en 0/9 A&B spanne.
• Donderdae: 15:00 – 16:00 Gr 1 – 7 Beginners, Ontwekkilingspan
Moontlike kompetisies en verwagte maand / kwartaal
• Kwartaal 1: Proewe
• Kwartaal 2: Kempton Park Liga & Super 12 Liga
• Kwartaal 3 en 4: Oefening en Ontwikkelingspan
Me. C. Wood
E-pos adres: celeste.wood@kruinies.co.za