Revue is ‘n kultuuritem waarin leerders hul danspassies kan uitleef, nuwe danspassies ontwikkel deur middel van danse wat deur ‘n choreograaf aan die leerders geleer word. Musiek, kostuums en ‘n storielyn speel ‘n baie groot rol in die revue. Die gehoor word vermaak deur op die punte van hul stoele te sit wanneer hul na verskeie optredes kyk.
Leerders in Gr 1 – 7 neem jaarliks deel aan oudisies, ‘n revuegroep word dan gekies om die skool tydens verskeie kompetisies te verteenwoordig. Daar word beoog om jaarliks aan 4 kompetisies deel te neem. Leerders word ook blootgestel aan verskeie genre’s van danse tydens elke jaar se revue. Revue is harde werk en daar word reeds vanaf die 1ste kwartaal tot in die 4e kwartaal hard gewerk om die danspassies te vervolmaak en om die gehoor te vermaak deur hul musiek en danspassies.
Kompetisies se optrede vind plaas in die 3de kwartaal en alle datums word vroegtydig gekommunikeer.
• Maandae: 16:00 -18:00 in die skoolsaal
• Donderdae: 17:00 – 19:00 in die skoolsaal
• Daar is ook drie oefennaweke deur die loop van die revue seisoen.
Me. C. Venter
E-pos adres: chantelle.venter@kruinies.co.za