
Kruinies Kraai Koning

Standaarde word bereik

Waar ons begin leer
Bekendstelling
Die geskiedenis van Laerskool Kruinsig
8 Januarie 1980 – Laerskool Aston Nimrod open sy deure met 430 leerders en 18 tydelike personeellede. Binne ses maande na die opening van die skool word ’n kompetisie geloots om ’n naam vir die nuwe skool te vind. ‘n Ene juffrou van Rooyen se voorstel van Laerskool Kruinsig word op 5 September 1980 aanvaar en Laerskool Aston Nimrod word amptelik herdoop tot Laerskool Kruinsig.
Laerskool Kruinsig se missie naamlik “Die verskaffing van ’n gebalanseerde, totale, toekomsgerigte, ekonomies-effektiewe opvoedings- en ontwikkelingsdiens aan die kinders van die ouergemeenskap van ons omgewing en ‘n gesindheid van uitreiking na die breër minder bevoorregte gemeenskap” blyk steeds verwesenlik te word as daar boekgehou sou word van die suksesvolle rolspelers in die samelewing waarvan hul opvoedkundige fondamente by Laerskool Kruinsig gelê is.
Die eerste amptelike boomplantdag vind plaas op 3 Augustus 1985 naby die plek waar Noag se lapa tans gebou is. Die leiergroep van 2014 het 8 inheemse bome (een vir elke graad) op die terrein geplant om hul tema van die jaar “Groei” te simboliseer.
In 1982 voer die Kruinies die eerste van vele musiekblyspele: Met ’n Lied in my Hart op. Vandag is die Kruinies steeds bekend vir opvoerings van hoogstaande gehalte. Na Met ’n Lied in my Hart volg suksesvolle opvoerings soos Katravia, Droomboom, Gedroggie in die Gat, Plek vir Krissie en ʼn massa revue genaamd Kruinie Kapperjolle.
Laerskool Kruinsig
Visie
Ons het ‘n visie waar ons deur ons belanghebbendes gesien word as:
“DIE LAERSKOOL SONDER WEERGAWE”
Missie
Die verskaffing van ‘n gebalanseerde, totale, toekomsgerigte, ekonomies-effektiewe opvoedings– en ontwikkelingsdiens aan die kinders van die ouergemeenskap van ons omgewing en ‘n gesindheid van uitreiking na die breër minder bevoorregte gemeenskap.
Gr RR, R en Gr, 1 opedag
Saterdag
4 Junie 2022
09:00-11:00

Enige Vrae?
Kontak Ons