Kruinies Bied Die Volgende Kultuuraktiwiteite Aan.
Toneel
Revue
Redenaars
Bybelsvra
Koor
Toneel
Die leerders van Laerskool Kruinsig kry jaarliks die geleentheid om oudisies af te lê en deel vorm van die skool se toneelgroep. Hierdie leerders verteenwoordig die skool by verskeie kompetisies. Daar word beoog om aan minstens 5 optredes jaarliks deel te neem. Die toneelgroep van 2023 was aangewys as die wenners van Op Die Planke Toneelfees 2023 en het ook 1ste plek behaal by die Nova Arté Kunswedstryd in 2023.
Revue is ‘n kultuuritem waarin leerders hul danspassies kan uitleef, nuwe danspassies ontwikkel deur middel van danse wat deur ‘n choreograaf aan die leerders geleer word. Musiek, kostuums en ‘n storielyn speel ‘n baie groot rol in die revue. Die gehoor word vermaak deur op die punte van hul stoele te sit wanneer hul na verskeie optredes kyk.
By die Kruinies word daar gestreef om elke Kruinies toe te rus met die nodige vaardighede om suksesvol die toekoms in te gaan. Om jou man te staan en jou sê te sê, kan waarde toevoeg tot enige kind se lewe. Redenaars gee leerders reeds van ‘n vroeë ouderdom af die geleentheid om juis dít te kan doen. Leerders leer om selfstandig te dink, met selfvertroue te kan praat en verantwoordelik te wees.
Bybelvasvra bied ‘n unieke geleentheid vir leerders om akademies te vorder terwyl groepwerk en karakterontwikkeling plaasvind. Sekere gedeeltes word uit die Bybel intensief instudeer om dan in kompetisies weer te gee.
Die Warriekoor (Gr. 1 – 3) en Kinderkoor (Gr. 4 – 7) van Laerskool Kruinsig, staan onder die leiding van Me. Antoinette Nightingale. Die kore is bevoorreg om Me Nightingale as afrigter te hê omdat sy nie net ‘n passie vir die kinders het nie, maar ook haar liefde vir koorsang by die skool kan uitleef. Albei die kore se prestasies getuig hiervan.