Sport

#Kruiniesport

Kruinies Bied Die Volgende Sportsoorte Aan.

Rugby

Rugby is  ‘n groot passie by Laerskool Kruinsig. Daar word deelgeneem aan verskeie kompetisies waar die Kruinies altyd top prestasies lewer. Jaarliks word dan na Grey Kollege toe getoer met die spanne, waar hulle dan aan die super-series toernooi deelneem. Daar word kragte gemeet teen die top skole in die land.

Hokkie

Laerskool Kruinsig se dogters hokkie bestaan uit 4 dogters spanne.  Dogters speel senior hokkie van 0/10 tot 0/13. Die hokkie seisoen vind in die 3e kwartaal plaas. Proewe vind alreeds in die 2de kwartaal plaas. Gedurend die wintervakansie woon die dogters verskeie toere en klinieke by.  Die 1ste span  toer na Camp Discovery en 0/12 dogters toer na Sportisimo.  Dogters 0/10 en 0/11 woon ‘n vaardigheidskliniek by wat by die skool aangebied word.

Laerskool Kruinsig het 2 hokkiespanne vir seuns, wat 0/11 en 0/10 seuns insluit.  Dan is daar ‘n 1ste span wat 0/12 en 0/13 seuns insluit. Die hokkie seisoen vind plaas in die 3de kwartaal.  Die 1ste span toer na Camp Discovery en die 0/11 seuns woon saam met die dogters ‘n vaardigheidskliniek gedurende die wintervakansie by.

Landloop

Landloop is ‘n sportsoort waaraan enige leerder kan deelneem en bied dit die geleentheid tot fiksheid, liggaamlike ontwikkeling, uithouvermoë en deursettingsvermoë. Die leerder leer dat hy / sy met selfdissipline sy / haar eie vermoëns tot prestasie en sukses bepaal wat tot hoë hoogtes kan lei.

Netbal

Kruinie netbal bied ‘n geleentheid vir alle dogters om hulle vaardighede te ontwikkel.  Die netbal speel in die Ekurhuleni A-liga.  In die voorseisoen neem ons ook deel aan onderskeie Fast 5 toernooie.

Tennis

Alle Kruinies wat kan tennis speel is welkom om aan ons proewe deel te neem.
In die Seuns-Liga skryf ons 5 spanne in en in die Dogters-Liga 2 spanne.
In beide afdelings is een van die spanne `n Ontwikkelingspan.
Jaarliks tree ons onderskeie spanne as liga-wenners uit die stryd.
Op Super 12 vlak spog ons Kruinies met silwer medaljes.
Een van ons oud-Kruinies, Izak van der Merwe, het Suid Afrika as deel van die Davis Beker-span op internasionale vlak verteenwoordig.
Ons Kruinies tennisspelers het ‘n trotse tradisie van uitnemendheid en streef altyd daarna om sportmanskap te laat seevier.

Skaak

Tydens Kwartaal 1 vind daar weekliks proewe plaas waar elke Kruinie die geleentheid kry om sy spelvernuf op die proef te stel en teen die skaakleer uit te klim. Spanne word opgrond van sterkte gekies.
Vir die Kempton Skaak Liga neem die Kruinies deel in n Dogters-Span, 0/13-,0/11 en 0/9 Gemengde spanne. Die Super 12 Spanne bestaan uit `n Eerste span (Gr 5 – 7) en `n Junior Span (Gr 1 – 4).
Die Kruinies was al male sonder tal ligawenners in die onderskeie ouderdomsgroepe en spog ook met `n silwer medalje tydens die Super 12 Kompetisie. Michelle Fisher, Oud-Kruinie, het haar Groen en Goud in Skaak verwerf en Suid Afrika op die hoogste vlak verteenwoordig.
Tydens oefeninge fokus ons daarop om elke Kruinie se skaakvaardighede te ontwikkel. Skaak verbeter soveel van ‘n kind se vaardighede wat hy / sy op alle vlakke kan inspan bv. konsentrasie, taakgerigteid, impulsbeheer en vele meer.

Atletiek

Atletiek vorm deel van die skool se eerste sportsoort, wat plaasvind aan die begin van elke jaar. Die Kruinie afrigters streef daarna om die atlete aan atletiekvaardighede bloot te stel en word hul ook verder geleer van die belangrikheid van wen en verloor. Die Kruinie atlete word geleer hoe om altyd nederig te bly en altyd hard te werk. Verder, word die atlete voorberei vir die lewe, deur ‘n positiewe lewensuitkyk, harde werk en oefening en waardevolle lewensvaardighede aan te leer soos doelwitstelling, uithouvermoë en tydsbestuur. Die Kruinies neem deel aan verskillende byeenkomste soos Massabyeenkomste, Interlaer, Diskriks byeenkomste, Super-12 Kompetisie,
Provinsiale asook Nasionale byeenkomste.
 

Krieket

Die Kruinies spog met 9 krieketspanne.  Al 9 spanne woon ‘n toer by gedurende die Junie / Julie vakansie te Jubaweni.  0/11A en 1ste span verteenwoordig die skool by die Super 12 Kompetisie wat gewoonlik in Julie maand plaasvind.  Krieket by die Kruinies groei jaarliks en word daar gespog met 9 Kempton Liga bekers asook 2 Easterns bekers.

Spoedige Aanwysing

Kontak Ons

© 2025 Laerskool Kruinsig