Die leerders van Laerskool Kruinsig kry jaarliks die geleentheid om oudisies af te lê en deel vorm van die skool se toneelgroep. Hierdie leerders verteenwoordig die skool by verskeie kompetisies. Daar word beoog om aan minstens 5 optredes jaarliks deel te neem. Die toneelgroep van 2024 was aangewys as die wenners van Op Die Planke Toneelfees 2024 en het ook 1ste plek behaal by die Nova Arté Kunswedstryd in 2024. Ons het ook vir die eerste keer deelgeneem aan Centurion Kunstefees en was daar ook itemwenners.
Kompetisies vind plaas in die 3de kwartaal en alle datums word vroegtydig gekommunikeer.
Spesiale vereistes
Geen spesiale vereistes word benodig nie. Kom net vir ‘n oudisie, almal is welkom!
Item besonderhede:
Oefen Tye:
• Dinsdae: 17:00-18:30 (1ste tot 3de kwartaal)
• Daar vind ook oefennaweke plaas, hierdie datums word vroegtydig gekommunikeer.
Me. J. Liebenberg
E-pos adres: Jenine.liebenberg@kruinies.co.za