Kort beskrywing van item:
Atletiek vorm deel van die skool se eerste sportsoort, wat plaasvind aan die begin van elke jaar.
Die Kruinie afrigters streef daarna om die atlete aan atletiek tegnieke bloot te stel en word hul ook verder geleer van die belangrikheid van wen EN verloor. Die Kruinie atlete word geleer hoe om altyd nederig te bly en altyd hard te werk. Verder, word die atlete voorberei vir die lewe, deur ‘n positiewe lewensuitkyk, harde werk en oefening en waardevolle lewensvaardighede aan te leer soos doelwitstelling, uithouvermoë en tydsbestuur.
Die Kruinies neem deel aan verskillende byeenkomste soos Massabyeenkomste, Interlaer, Diskriks byeenkomste, Super-12 Kompetisie, Provinsiale asook Nasionale byeenkomste.
2025: Laerskool Kruinsig bied die Interlaer Byeenkoms aan vir skole in die A-Sirkel.
Prestasies:
Kruinies wen die Interlaer.
Interlaer: 90 atlete neem deel aan die Interlaer 2025.
Groter Kempton: 57 atlete neem deel aan die Groter Kempton Park byeenkoms
D 17 Byeenkoms: 34 Atlete het die Groter Kempton Park span gehaal wat deurdring na die D 17 Byeenkoms.
Gauteng: 13 Atlete het die D 17-span gehaal en dring so deur na die Gauteng Byeenkoms.
SA Kampioenskappe: 4 Atlete het die Gauteng-span gehaal en dring deur na die SA Kampioenskappe. Hierdie 4 atlete neem in 4 items deel by die Kampioenskappe.
| 0/7 – 0/9 | 60m, 80m |
| 0/7 – 0/9 | 600m (Nie op Interlaer/ Distrik byeenkomste nie) |
| 0/10 | 80m, 100m, 1200m, 70m hekkies, verspring, hoogspring, gewigstoot. |
| 0/11 | 80m, 100m, 1200m, 70m hekkies, verspring, hoogspring, gewigstoot. |
| 0/12 | 100m, 150m, 1200m, 75m hekkies, 150m hekkies (seuns en dogters) verspring, hoogspring, gewigstoot, spiesgooi, diskus. |
| 0/13 | 100m, 200m, 800m, 1500m, 80m hekkies (seuns), 75m hekkies (dogters), 200m hekkies (seuns en dogters) verspring, hoogspring, gewigstoot, spiesgooi, diskus. |
Oefeninge begin alreeds in die eerste week van ‘n nuwe jaar gedurende die skoolvakansie.
Na die Huissport, wat gewoonlik die eerste naweek plaasvind nadat die skole heropen, word oefentye aan alle atlete uitgestuur aangesien die verskillende items en ouderdomsgroepe verskillende tye en dae oefen.
Moontlike kompetisies en verwagte maand / kwartaal:
Kwartaal 1:
• Interhuis
• 3 tot 4 byeenkomste
• Interlaer
• Groter Kempton
• D 17 byeenkoms
• Gauteng
• SA’s
Kwartaal 3:
• Interskole Top 10 byeenkomste (Al die Kruinies neem deel)
• 1 – 2 byeenkomste
Kwartaal 4:
• 1 – 2 byeenkomste
• Super 12 byeenkoms
Voorseisoen begin vir die volgende jaar.
Mnr. J.Beukes en Me. Y. Binneman
E-pos adres: jaco.beukes@kruinies.co.za – yolandi.binneman@kruinies.co.za