Bybelvasvra bied ‘n unieke geleentheid vir leerders om akademies te vorder terwyl groepwerk en karakterontwikkeling plaasvind. Sekere gedeeltes word uit die Bybel intensief instudeer om dan in kompetisies weer te gee. Kruinsig het drie spanne van 4 leerders elk wat jaarliks daaraan deelneem.
Moontlike kompetisies en verwagte maand/kwartaal:
Daar word jaarliks een span gekies om deel te neem aan die Super 12 – kompetisie. Die res van die spanne neem deel aan die Rapportryers se jaarlikse kompetisie. Dit vind Augustusmaand plaas.