In 2009 begin Kruinsig die Ekurhuleni gholf liga, saam met twee ander Kempton Park skole. Sederdien het die liga gegroei na 23 kompeterende skole wat in vier verskillende ligas teen mekaar meeding.
Die Kruinie spanne wen gereeld die Ekurhuleni A-, B-, C- en dogtersligas en dring dan sodoende ook gereeld deur na die Interprovinsiale Laerskole Gholfliga waar ons ook verskeie titels al verwerf het.
Die Nasionale Ernie Els toernooi is waar die beste skole van elke provinsie teen mekaar speel en Kruinsig het die toernooi in 2019 gewen! In dieselfde jaar wen ons dan ook die gesogte Super 12 trofee vir die tweede keer. Inteendeel het ons 2019 Span nie een toernooi verloor nie!
Sedert die bestaan van Ekurhuleni Laerskole Gholf, lewer Kruinsig 60 provinsiale spelers op, wat dan elke jaar teen ander provinsies gaan meeding. Ons skryf ook elke jaar die meeste spanne en spelers in die liga in – tot soveel as 36 spelers (seuns en dogters) per seisoen.
Die Kruinie gholfers het al regoor die land gespeel: Serengeti, Benoni Buiteklub, Ebotse, Reading, Fish River Sun, Humewood (2019 Ernie Els), Lost City, Magalies Park, Middelburg, Koro Creek, Euphoria, Glendower, Parys, Copperleaf, Waterkloof om net ‘n paar te noem.
Elke leerder wat wil gholf speel vir die skool kry geleentheid, maak nie saak watter ouderdom hulle is nie. Daar word jaarliks ‘n Gr R-Gr 3 geleentheid ook gehou, waar die jonges ook hulle staal kan wys.
Vanaf 2024 bied Kruinsig ‘n akademie aan waar leerders professionele afrigting by Serengeti kry deur verskeie geakrediteerde afrigters. Seuns en dogters word in die namiddag aangery en weer terug na die skool toe vir die ouers se gemoedsrus.
Speel geleenthede en proewe vind reg deur die jaar plaas. Hou gerus D6 dop.
Die Ernie Els Kwalifiserende toernooi is gewoonlik in Mei, die liga in Oktober en Super 12 vroeg in November. Die Interprovinsiale Skole Finaal vind plaas in die eerste week van Desember en die Provinsiale Toernooi in die tweede week van Desember.
Mnr. J Pienaar
E-pos adres: Jurian.pienaar@kruinies.co.za