Die Kruinies se Grondslagfase is verbind tot dinamiese en innoverende moedertaalonderrig. Dit is vir ons belangrik om kwaliteit onderrig aan ons leerders binne ons gemeenskap te lewer. In samewerking met ons ouers en gemeenskap word alle hulpmiddels tot ons beskikking maksimaal benut.
Ons leuse ‘Glo en Oorwin’ is ons uitgangspunt en wil vir elke leerder die vaardighede verskaf op hul pad na volwassenheid.
By Laerskool Kruinsig strewe ons daarna om elke leerder se volle menswens te ontwikkel en die beste vir elke individu te lewer. Die basis van onderrig is etiese waardes en normes om ons leerders te leer om verantwoordelikheid te aanvaar vir hul talente en regte.
Die Grondslagfase beskik oor ‘n dinamiese en talentvolle groep onderwyseresse. Die fasiliteite wat die Beheerliggaam vir ons skep word die leerders se potensiaal ten volle ontwikkel. In die strewe vorm ons ouergemeenskap ‘n integrale deel van die opvoedingspan.
Hoë akademiese standaarde word deurentyd gehandhaaf met help van hoogs bekwame en kundige personeel.
Onderwysbenadering
Terugrapportering aan ouers wat daagliks/weekliks in die klas gebeur word ouers deurentyd op hoogte gehou van die leerders se vordering met onder meer die volgende:
Laerskool Kruinsig is baie gesteld op akademie. Alle moontlike ondersteuning en hulpmiddels word gebruik om leerders maksimaal toe te rus. Die gebruik van Eduborde in elke klas dra daartoe by dat die tegnologie optimaal gebruik word. Alhoewel ons genoodsaak was om in 2020/2021 die hersiene kurrikulum te volg het Laserkool Kruinsig daarin geslaag om dit steeds reg te kry om kwaliteit onderrrig aan al ons leerders te lewer. Ons is ook opreg trots daarop dat ons so vroeg as moontlik kon terugkeer na 100% skoolbywoning ten einde al ons leerders die reg tot skoolopvoeding kon bied.
Laerskooll Kruinsig glo dat akademiese ontwikkeling die brandstof is om spore op die maan te trap en wyer te beweeg as die grense van die voorgeskrewe kurrikulum. Binne die skooldag moet daar tyd wees vir pret, want dan is die eindresultaat kreatiewe Kruinies wat sonder keer pioniersvlae plant op die akademiese maan!
Taalontwikkeling en -vaardighede is vir ons baie belangrik. Lees en die genot van lees is vir Laerskool Kruinsig soos asemhaal. Ons vier ons lees deur die leerders wat boeke lees te beloon voor die hele Fase met sertifikate en dit spoor die Kruinies aan om te lees. Elke klein Kruinie hou daarvan om voor hul maats geluk gewens te word met hul leesvaardigehede.
Dit is vir die Grondslagfase van Laerskool Kruinsig se onderwyskorps ‘n groot trots om leerders na Graad 4 te stuur wat reg is vir die groot leertyd wat hulle tegemoet gaan.
• Afrikaans Huistaal
• Engels Eerste Addisionele Taal
• Wiskunde
• Lewensvaardigheid – o.a Robotika & Kodering
Rapporte word aan die einde van elke kwartaal per e-pos aan ouers gestuur.
• Arbeidterapeut
• Spraakterapeut
• Berading
• Maatskaplike dienste
• Spelterapeut
• Hoofrekene
• Wiskunde-kurrikulum
• Afrikaanse leesbegrip
• Engelse leesbegrip
• Spelling – Afrikaans & Engels
Jaarliks presteer die Kruinies suksesvol en word deur die departement vereer vir hul harde werk wat lei tot presterende leerders.
Conquesta is ook ‘n meting (landswyd) waaraan ons deelneem om die standard van onderrig te bepaal in Afrikaans, Engels en Wiskunde.
Klein Kruinies is gelukkige kinders, want hulle word gekoester en met liefde onderrig.