Laerskool Kruinsig se dogters hokkie bestaan uit 6 dogters spanne. Dogters speel senior hokkie van 0/10 tot 0/13. Die seisoen vir hokkiue vind in die 3de kwartaal plaas. Proewe vind alreeds in die 2de kwartaal plaas. Gedurende die wintervakansie woon die dogters verskeie toere en klinieke by. Die 1ste span toer na Camp Discovery en 0/12 dogters toer na Sportisimo. Dogters 0/10 en 0/11 woon ‘n vaardigheidskliniek by wat by die skool aangebied word.
Tydens die 2023 seisoen behaal die 0/12 dogters ‘n 1ste plek in die liga en word as Oos Gauteng wenners aangekondig. Die 0/11 dogters behaal ‘n 2de plek in die hokkie liga. Harde werk word beloon en hier bvy ie Hokkie kan ons dit verseker in resultate sien. Gedurende die Hokkie liga was daar 8 dogters wat gekwalifiseer het om aan die Oos Gauteng hokkie proewe deel te neem.
Laerskool Kruinsig het 3 hokkiespanne vir seuns, wat 0/11 en 0/10 seuns insluit. asook ‘n 1ste span wat 0/12 en 0/13 seuns insluit. Die hokkie seisoen vind plaas in die 3de kwartaal. Die 1ste span toer na Camp Discovery en die 0/11 seuns woon saam met die dogters ‘n vaardigheidskliniek gedurende die wintervakansie by.
0/11 Seuns: Die seuns het in die MBHC Youth Day Festival gespeel en ‘n 2de plek behaal. In die Oos Gauteng liga behaal die 0/11 seuns ‘n 1ste plek. 0/13 seuns neem deel aan die Super 12 en eindig algeheel 7de. Tydens die Oos Gauteng liga behaal die seuns ‘n 3de plek.
Die 1ste span seuns oefen op Hoërkool Kempton Park se bane wat ‘n Astro, en gras baan insluit.
‘n Kruinie geniet hokkie want ons bou selfvertroue, kweek ‘n liefde vir die sport, bou verhoudings, ontwikkel vaardighede en het hope pret en pleiser.
Oefen Tye:
• Dinsdae tot Donderdae 14:00 – 17:00
Moontlike kompetisies en verwagte maand/ kwartaal
• Die dogters woon hierdie jaar (2025) deel aan verskeie toernooie onder ander die Rynfield toernooi asook die Benoni Youth Day Toernooi.
• Kruinsig se 1ste Spanne (dogters en seuns) neem deel aan die Super 12.
Me. J. Vermaak
E-pos adres: jeanre.vermaak@kruinies.co.za
By die Mini–hokkie word daar gekonsentreer op die ontwikkeling van fisiese en groot motoriese vaardighede van die spelers. Die spelers word voorberei vir wedstryde en talle wedstryde vind plaas, sodat die spelers genoeg blootstelling aan die spel kry. Die afrigters maak die lesse pret, positief en energiek, sodat die Mini–hokkie dogters dit geniet en ‘n liefde vir die sport ontwikkel. Alle dogters van Gr. 1 – Gr. 3 is welkom!
Oefen Tye:
• Gr. 1 en Gr. 2 Dinsdae tot Donderdae 13:15 – 14:00
• Gr. 3 Dinsdae tot Donderdae 13:45 – 14:30
Moontlike kompetisies en verwagte maand/ kwartaal
• Wedstryde vind plaas op Saterdae gedurende die 3de Kwartaal (Augustus).
• Daar word deelgeneem aan ten minste 4 – 6 Mini–hokkie toernooie.
Me. B. Pool
E-pos adres: bernice.pool@kruinies.co.za