Koor

#Kruiniekoor

Koor

Die Warriekoor (Gr. 1 – 3) en Seniorkoor (Gr. 4 – 7) van Laerskool Kruinsig, staan onder die leiding van Me. Elna Neethling.  Die kore is bevoorreg om Me. Neethling as afrigter te hê omdat sy nie net ‘n passie vir die kinders het nie, maar ook haar liefde vir koorsang by die skool kan uitleef. Albei die kore se prestasies getuig hiervan.

36676458_2134273706602172_2027358850159476736_n

Moontlike kompetisies en verwagte maand/kwartaal:

Albei die kore neem elke jaar deel aan die Super 12 Koorfees en aan ATKV- Applous.

In 2023 het albei die kore ‘n Goud verwerf in die Super 12 Koorfees en was algeheel in die vyfde plek van 24 skole. 

In 2024 verwerf albei die kore ‘n Cum Laude – die hoogste toekenning by die Super 12 Koorfees.

Albei die kore het ook in 2023 ‘n Goud behaal by die ATKV-Applous.  Die Seniorkoor neem deel aan die ATKV-Applous finaal en behaal ‘n tweede plek in die Nasionale Eindrondte.

By ATKV-Applous 2024 behaal die Warriekoor ‘n Goud en die Seniorkoor word beloon met een Silwer en twee Goue toekennings.

Voorwaar prestasie waarop die Kruinies baie trots is!

• Warriekoor: Maandae 14:00 – 14:45 en Woensdae 17:00 – 18:00

• Seniorkoor: Maandae 14:45 – 16:00 en Woensdae 18:00 – 19:20

• Die kore het ook elke kwartaal een oefennaweek ter voorbereiding vir hul kompetisies.

KONTAK BESONDERHEDE

E-pos adres: elanaswanepoel@gmail.com

Warriekoor: madeleine.bouwman@kruinies.co.za

Snr. koor: aneche.ehlers@kruinies.co.za

Spoedige Aanwysing

Kontak Ons

© 2025 Laerskool Kruinsig