Die Kruinies spog met 9 krieketspanne. Al 9 spanne woon ‘n toer by gedurende die Junie / Julie vakansie te Jubaweni. 0/11A en 1ste span verteenwoordig die skool by die Super 12 Kompetisie wat gewoonlik in Julie maand plaasvind. Krieket by die Kruinies groei jaarliks en word daar gespog met 4 Kempton Liga bekers asook 2 Easterns bekers.
Moontlike kompetisies en verwagte maand / kwartaal:
• Kempton Liga – Augustus
• Easterns uitspele – Oktober
Beoog om ook in te skryf op Festivals indien uitgenooi word.
KONTAK BESONDERHEDE
Mnr. W. Botha
E-pos adres: werner.botha@kruinies.co.za
#Kruiniekrieket
Mini-Krieket
0/7: 3 Spanne
0/8: 3 Spanne
0/9: 1 Span
0/9: 2 Harde Bal Spanne
In die Grondslagfase word daar 56 mini-krieket seuns en 22 harde bal krieket seuns gekies om deel te wees van die Mini-krieket spanne.
Mini-krieket is die 1ste voorsmakie van krieket waaraan die jongspan blootgestel word. Die sagte bal krieket laat die kinders op ‘n genotvolle en ontspanne manier deelneem aan ‘n span sport.