Landloop

#Kruinielandloop

Landloop

Landloop is ‘n sportsoort waaraan enige leerder kan deelneem en dit bied die geleentheid tot fiksheid, liggaamlike ontwikkeling, uithouvermoë en deursettingsvermoë. Die leerder leer dat hy / sy met selfdissipline sy / haar eie vermoëns tot prestasie en sukses bepaal wat tot hoë hoogtes kan lei.

2022 – Laerskool Kruinsig behaal ‘n algehele 4de plek in die Kempton Park liga.

2023 – Laerskool Kruinsig behaal ‘n algehele 2de plek in die Kempton Park liga.

2024 – Laerskool Kruinsig behaal ‘n algehele 2de plek in die Kempton Park liga

2023 se prestasies is as volg:

  • 35 atlete was deel van die Kempton Park span.
  • Die Kruinies spog met 4 atlete wat aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem.
  • Die Kruinies eindig 7de van 24 skole tydens die Super 12 byeenkoms.
  • Super 12 is ‘n byeenkoms waarby die top skole kan deelneem, en die uitslae as volg:
  • Seuns 0/9 behaal ‘n algehele 3de plek
  • Dogters 0/10 behaal ‘n algehele 2de plek
  • Seuns 0/13 behaal ‘n algehele 3de plek

2024 se prestasies is as volg:

  • 43 atlete was deel van die Kempton Park span.
  • Die Kruinies spog met 5 atlete wat aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem.
  • Die Kruinies eindig 7de van 24 skole tydens die Super 12 byeenkoms.
  • Super 12 is ‘n byeenkoms waarby die top skole kan deelneem, en die uitslae as volg:
  • Dogters 0/11 behaal 2de plek tuidens die Super 12

Oefen Tye:

Oefening begin reeds in die 2de kwartaal ter voorbereiding vir die liga in die 3de kwartaal.

Kwartaal 2

Maandae07:00
Dinsdae14:15 – 15:00
Woensdae07:00
14:15 – 15:00
Donderdae14:15 – 15:00

Kwartaal 3

MaandaeLiga 0/7 – 0/13
Dinsdae14:15 – 15:15
15:15 – 16:15
Woensdae14:15 – 15:15
15:15 – 16:15
Donderdae14:15 – 15:15
15:15 – 16:15

Kompetisies vind in die 3de kwartaal, op Maandae plaas.

KONTAK BESONDERHEDE

Me. A. van Staden

E-pos adres: akademie@kruinies.co.za

Spoedige Aanwysing

Kontak Ons

© 2025 Laerskool Kruinsig