Netbal

#Kruinienetbal

Netbal

Laerskool Kruinsig se netbal is die ideale platform om die Kruinie Waardes van spanwerk en kwaliteit uit te leef. By die netbal wil ons ‘n liefde kweek vir die spel. Die hoofdoel is om die Kruinie naam hoog te hou!

Moontlike kompetisies / toernooie en verwagte maand / kwartaal

  • Ekurhuleni A-Liga:
    • April – Mei, met die volgende deelnemende skole:
      • Laerskool Concordia
      • Laerskool Delville
      • Laerskool Impala
      • Laerskool Orion
      • Laerskool Randhart
      • Laerskool Rynfield
      • Laerskool Van Riebeeck Park
  • Super 12:
    • Uitspele – 12 April
    • Finale – 14 April
  • Fast 5 Netbal:
    • September & Oktober

Die Kruinies woon ook onderskeie toernooie by en bied ook self van die toernooie aan.

Netbal seisoen oefentye:

Dinsdae
Sessie 1 14:15 – 15:30
Baan 1Ontwikkelingspan
Baan 2 
Baan 30/9 C en 0/10 C
Baan 40/10 A & B
Baan 50/9 A & B
Sessie 2 15:30 – 16:45
Baan 10/13 A & B
Baan 20/11 B & 0/12 B
Baan 30/11 A & 0/12 A
Baan 40/12 C & 0/13 C
Baan 50/11 C
Woensdae
Sessie 1 14:15 – 15:30
Baan 10/13 A & B
Baan 20/11 B & 0/12 B
Baan 30/11 A & 0/12 A
Baan 40/12 C & 0/13 C
Baan 50/11 C
Sessie 2 15:30 – 16:45
Baan 1Ontwikkelingspan
Baan 2 
Baan 30/9 C en 0/10 C
Baan 40/10 A & B
Baan 50/9 A & B
Donderdae
Sessie 1 14:15 – 15:30
Baan 1Ontwikkelingspan
Baan 2 
Baan 30/9 C en 0/10 C
Baan 40/10 A & B
Baan 50/9 A & B
Sessie 2 15:30 – 16:45
Baan 10/13 A & B
Baan 20/11 B & 0/12 B
Baan 30/11 A & 0/12 A
Baan 40/12 C & 0/13 C
Baan 50/11 C

2024 se prestasies is as volg:

Die Kruinie nebaldogters het hul uitstekend van hul taak gekwyt in die 2024 seisoen!

  • 0/10 A: 3de in die Liga
  • 0/10 C: 3de in die Liga
  • 0/11B: Liga wenners
  • 0/12A: 3de in die Liga en dring deur na die Gauteng Uitspele

KONTAK BESONDERHEDE

Me. D. Schoeman

E-pos adres: danielle.schoeman@kruinies.co.za

#Kruinienetbal

Mini-netbal

Mini-netbal begin al vroeg in die 1ste kwartaal van die skooljaar.  Dogters word uitgenooi om saam met die afrigters ‘n pad te stap wat kan voortbou vir die res van hul laerskool loopbaan. By Mini-netbal is die doelwit  jaarliks om soveel as moontlik dogters die geleentheid te gee om wedstryde te kan speel, om hul netbal vaardighede op te skerp asook om mekaar te help en te leer om goeie netbal te speel. Mini-netbal gaan glad nie oor wen nie, eerder oor die aanleer van goeie  vaardighede en om ‘n liefde vir netbal te kweek.

Oefen Tye:

Dinsdae – Donderdae:
13:30 – 14:10

Moontlike kompetisies en verwagte maand/ kwartaal

Die Mini’s neem deel aan 4 toernooie gedurende die 2e kwartaal, waartydens elke span die geleentheid dan kry om 2 wedstryde per dag te speel.

Hiermee die toernooie vir 2025

17 Mei Laerskool Edleen

24 Mei Laerskool Impala

31 Mei Laerskool Birchleigh

07 Junie Laerskool Kruinsig

kruinieslogo

KONTAK BESONDERHEDE

Me. S. Venter

E-pos adres: simone.venter@kruinies.co.za

Spoedige Aanwysing

Kontak Ons

© 2025 Laerskool Kruinsig