Die Kruinies is die enigste skool in die Oos-Rand wat deelneem aan die A-bond van die Super 12 Kompetisie. In 2024 het die Kruinies algeheel 3de geeïndig met die rugby teen die beste skole in Gauteng, Noord-wes en Mpumalanga.
Die Kruinies neem ook deel aan die Valke-Noord liga waar daar jaarliks gespog met verskeie spanne wat die liga wen.
Die Kruinies spog jaarliks met seuns wat die Valke verteenwoordig by die provinsiale weke. In 2024 was daar 4 seuns wat die Valke spanne behaal het.
Die Kruinies doen drie kwartale van die jaar rugby waar daar nie net gefokus word op die 15 man kode nie, maar ook op 7’s rugby. Die Kruinies glo daarin om die seuns verder te ontwikkel en daarvoor is daar ‘n junior en senior rugby-akademie, waar daar reg deur die jaar gefokus word om die seuns se vaardighede te ontwikkel.
Daar is ook ‘n skop akademie vir die seuns wat hulle stel skoppe en ander skoip vaardighede wil ontwikkel.
Mnr. F. du Preez
E-pos adres: faan.dupreez@kruinies.co.za
0/6 – 0/8 spanne vorm deel van die Valkie rugbygroep. Al die Kruinie seuns is welkom, dis hier waar die seuns die liefde vir die sport aanleer en ook hul talente ten volle ontwikkel. Aan die einde van die seisoen is elke seun se vordering merkbaar en word die seuns se rugbyvaardighede, leierskap en sosiale ontwikkeling ook bevorder.
Kwartaal 2
| 0/9 A | 14:00 – 15:30 |
| 0/9 B | 15:00 – 16:30 |
| 0/10 A | 14:00 – 15:30 |
| 0/10 B | 14:00 – 15:30 |
| 0/11 B | 14:00 – 15:30 |
| 0/11 A | 15:00 – 16:30 |
| 3des | 14:00 – 15:30 |
| 2des en 1stes | 15:30 – 17:00 |
Op Maandae oefen 0/9 A & B 15:00 – 16:00
Die res van die spanne oefen 16:00 – 17:00
• Dinsdae: 17:00 – 18:00
• Donderdae: 17:00 – 18:00
Moontlike kompetisies en verwagte maand/ kwartaal
Die seuns begin vroeg in die tweede kwartaal oefen en die wedstryde vind elke Saterdag in Mei-maand plaas.
Kleredrag
Kruinie rugbytrui,
Kruinie rugbybroek en “Tags”
Die klerasie word aanlyn bestel by die skool se verskaffer van sportklere, No Limits
Kontak persoon: Mnr. Z. Le Roux
Kontak e-pos: zack.leroux@kruinies.co.za
By Laerskool Kruinsig is dit jaarlikse ‘n hoogtepunt op die kalender om aan 7’s rugby deel te neem. Dit dien as nog ‘n vlak waarop die seuns hulle rugbytalente kan uitleef.
7’s Rugby is een van Kruinsig se erkende sportkodes. Laerskool Kruinsig is een van min skole wat al sedert 2015 aan 7’s rugby deelneem. Dus het die Kruinies al ‘n lang lys toernooie gewen en individuele toekennings ontvang oor die jare.
7’s Rugby proewe vind jaarliks in die 3de kwartaal plaas. Tydens die proewe word een 0/11 en 0/12 span gekies. Albei spanne bestaan uit 12 spanlede.
By Laerskool Kruinsig word daar aan die Internasionale ere-kode van 7’s Rugby voldoen, dus verander die 7’s rugbytruie se ontwerpe jaarliks. Indien u seun die 7’s span haal, ontvang u seun ‘n rugbytrui en broek wat enig in sy soort is, omrede daar nooit weer seuns sal wees wat dieselfde wedstrydklere sal dra nie.
• Dinsdae: 17:00 – 18:00
• Woensdae: 17:00 – 18:00
• Donderdae: 17:00 – 18:00
• Indien nodig, Vrydae
Moontlike kompetisies en verwagte maand / kwartaal
Jaarliks neem die skool aan drie 7’s toernooie in die 4de kwartaal deel naamlik:
– Laerskool Kruinsig Toernooi
– Laerskool Dalview
– Laerskool Baanbreker
– Kempton 7’s (alle skole in Kempton Park ding mee vir die 0/11 en 0/12 titel)
Verder spog die skool met ‘n jaarlikse 7’s toer ,waarin albei die spanne by die JARU sport-akademie die skool met trots verteenwoordig. Die toer vind gewoonlik die eerste naweek in November plaas.
Mnr Z. le Roux
E-pos adres: zack.leroux@kruinies.co.za