Die belangrikheid van akademie in ‘n kind se opvoeding kan nie oorbeklemtoon word nie. By die Kruinies word daar gefokus op die holistiese ontwikkeling van kinders, waar hul selfbeeld en individualiteit sentraal staan. Deur die toewyding van opgeleide en gemotiveerde personeel, word daar gesorg dat elke kind nie net as ‘n leerder gesien word nie, maar as ‘n unieke individu met die potensiaal om uit te blink en te groei.
Die skool verstaan die kritieke rol van die laerskoolfase in die bou van ‘n soliede akademiese fondament. Hierdie fase is essensieël vir die toekomstige sukses van leerders en daarom word daar gepoog om kinders reeds op hierdie vlak voor te berei.
Ekstra fokus op akademiese werk op laerskoolvlak kan leerders vorm tot volwassenes wat ‘n betekenisvolle impak in die wêreld maak. Dit word bevestig deur die suksesvolle oud-leerders wat keer op keer na Laerskool Kruinisig terugkeer as ouers en selfs grootouers, om die ontwikkeling van hul kinders en kleinkinders dop te hou.
Die personeel word voortdurend uitgedaag om lewenslange leerders te wees. Daarom skep ons gereeld geleenthede vir hul groei en ontwikkeling, sodat elkeen hul unieke bydrae kan lewer. Die Kruinies bly op hoogte van die nuutste tegnologie, onderwysmetodes en onderrigstrategieë om aan ons leerders se behoeftes te voldoen. Ons glo dat leerders die nodige tyd gegun moet word om hul volle potensiaal te bereik.
Die Intermediere Fase, Gr 4-6 leerders ontvang onderrig in 6 vakke en Graad 7 leerders ontvang onderrig in 9 vakke soos uiteengesit in die Kurrikulum Assesseringsbeleid Verklaring (KABV).
Gr 4 – 7 leerders ontvang ook onderrig in Robotika en Kodering.
Gr 4 – 7 leerders volg ‘n weeklikse rooster met skooltye vanaf 07:25 – 14:00, Maandae tot Donderdae en dan 07:25 – 13:00 op Vrydae.
In Kwartaal 1 en Kwartaal 3 word leerders geassesseer deur middel van deurlopende assesserings wat afgelê word deur die loop van die kwartaal. Assesseringsprogramme word reeds in die eerste week van die kwartaal aan ouers gestuur vir insae. Die assesseringsprogram dui die verskillende vakke se assesseringstake en/of opdragte aan.
In Kwartaal 2 en Kwartaal 4 vind daar ‘n Toetsreeks plaas. Kleiner klastoetse en informele assesserings word nog steeds afgelê.
Ouers word in die eerste week van elke kwartaal ingelig oor assesserings wat in die betrokke kwartaal afgelê moet word. In Kwartaal 2 en Kwartaal 4 ontvang leerders een maand voordat die toetsreeks begin, ‘n afbakening en toetsrooster.
Deurlopende assessering verseker dat opvoeding en onderrig van ‘n hoë standaard kwaliteit is en dat die leerder, onderwyser en ouer op ‘n deurlopende basis gehou word van van ‘n leerder se vordering. Aan die einde van elke kwartaal word verslae aan ouers uitgereik.
Huiswerk in die Intersenfase dien as verlengstuk van die werk wat in die klas bespreek en behandel is. Leerders moet besef dat klaswerk wat nie volgens die onderwyser se beplanning voltooi word nie, huiswerk word. Leerders leer onafhanklikheid hierdeur maar ouers se ondersteuning bly belangrik.
Ten einde optimale onderrig daar te stel, is dit belangrik dat leerders sal poog om daagliks by die skool te wees. Indien ‘n leerder afwesig is, is dit sy/haar verantwoordelikheid om die werk in te haal. Indien ‘n leerder tydens ‘n formele toets afwesig is, moet ‘n doktersertifikaat ingehandig word en die leerder sal die toets skryf op die eertse dag wat sy/hy weer terug is by die skool.
Die skool maak gebruik van die d6 platform, vir leerders en ouers om toegang tot vorige jare se vraestelle te verkry ter voorbereiding vir die aflegging van assesseings en eksamen.
Afrikaans Huistaal – 50%
Engels Eerste Addisionele Taal – 40%
Wiskunde – 40%
Enige ander 2 vakke – 40%
Afrikaans Huistaal – 50%
Engels Eerste Addisionele Taal – 40%
Wiskunde – 40%
Enige ander 3 vakke – 40%
Enige ander 2 vakke – 30%
Om verder te verseker dat die Kruinies se akademie te alle tye van hoogstaande gehalte is, word daar verder ook eksterne vraestelle (Conquesta) geskryf.
Dit is ook vir personeel belangrik om voortdurend met ouers kontak te maak rakende die akademiese vordering van hul kinders. By die Kruinies word ouers deurgaans op hoogte gehou van die leerders se vordering deur ondermeer die volgende:
Leerders wat ekstra hulp benodig word ook geakkommodeer deur klassikale en weeklikse akademiese intervensie en hulpverlening. Hulp word verleen aan leerders wat probleme met hul akademie ervaar. Vir optimale akademiese vordering, word hulpklasse aangebied om leerders by te staan met hul akademie. Leerders met ernstige akademiese uitvalle word ook deur professionele terapeute en medici getoets en ondersteun.
By die Kruinies is elke kind se vordering van kardinale belang deur die onderlinge samewerking tussen die skool en die ouerhuis. Met die samewerking tussen al die betrokke partye, groei en ontwikkel elke kind tot hul eie unieke, volwaardige volwassene gegrond met die nodige etiese waardes en norme.